Jeug Dienste

Debruinpark is 'n gemeente wat met groot passie en liefde ons kinders en jongmense bedien. Van graad R tot Graad 11 word weekliks op Sondae bedien, deur baie passievolle en getroue mense wat lief is vir kinders en lief is vir die HERE.

Ons glo dat kinders wat die Here Jesus ken gelukkige kinders is. Daarom wil ons graag in vennootskap met die ouers, ons bes doen, om die evangelie aan kinders te bring op hulle vlak sodat die storie van God en Sy mense ook deel van die kinders se lewe kan wees.

Moet nie dat jou kind die geleentheid misloop nie. Dit sal beslis 'n groot rol in sy of haar lewe speel.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor of stuur 'n epos aan
ngkdebruin@gmail.com

Groep tye tydens skool kwartale:

Gr 1-10 Sondae - 10:15 tot 11:15
Gr 11’s Sondae Middae - 17:00

Let wel dat daar geen #Kruisfiksgedurende die Skoolvakansie of Langnaweke is nie.

Ouers hou asb jul whatsapp groepies dop, inligting sal so aan julle gekommunikeer word.

Kampe 2023

2-4 Februarie 2024: Kruisfikskamp: Graad 1 tot 11
13-15 September 2024: Belydeniskamp 

Kampe en Avonture

Ons bedien graag ons kinders deur hulle op allerhande avonture en kampe te neem. Ons glo dat net n verskil in habitat vir ons kinders dikwels iets oopmaak van God en van die lewe en daarom poog ons om dit so gereeld moontlik te doen.

Hou hierdie spasie dop vir die volgende avontuur waarvan jou kind kan deel wees. Moet dit nie misloop nie.

Waar is ons?

NG Kerk Debruinpark, Theunissenstraat 32, Ermelo
Kantoor Ure: Maandag: 08:00 tot 13:00
Woensdag: 08:00 tot 13:00
Vrydag: 08:00 tot 11:00

Kontak Ons

KERKKANTOOR
081 420 3910 / ngkdebruin@gmail.com

LERAARS
DS. DF EHLERS : difehlers@gmail.com

Sondag: Tye en Aktiwiteite

09:00 Erediens
10:15 – 11:15 #Kruisfiks Jeug
Soos ooreengekom - #Kruisfiks Belydenisklas

Let wel dat daar geen Kruisfiks gedurende die Skoolvakansie of Langnaweke is nie.

Diff

Ds. Dif Ehlers

Youtube%20ChannelX%20WebLogo%20Website%20By