Genesaret

Genesaret is ’n meerdoelige kampterrein aan die oewer van die Chrissiesmeer. Die slaapgeriewe bestaan uit twee luukse eenhede met badkamer en kombuis-sitkamer. Basiese eenhede met stort, wasbak en toilet.

Daar is ook stapelbedeenhede wat van gemeenskaplike badkamers gebruik maak. Kampeerplek met kragpunte is ideaal vir vissermanne en gesinne wat die stilte en buitelewe wil geniet. Die terrein is geskik vir groepgeleenthede soos kampe, familiesaamtrekke ens.

Die meer is geskik vir waterspot.( Geen vaartuie wat met ’n engine aangedryf word, word toegelaat.)

Vir die uitleg van die terrein sien aangehegte sketse.

Kontak: 072 968 8200 / 084 207 8830 
Koördinate:
(D.D) -26.322191 30.207167
(DMS) - S 26 19'19.887" & E 30 12'25.8"

Meerrus

Meerrus is ’n luukse selfversorgingseenheid wat op die Genesaret terrein staan. Die eenheid wat slaapplek vir 10 persone bied word los van die Genesaretkampterrein bespreek. Die ten volle toegeruste eenheid se slaapgeriewe bestaan uit:
twee dubbelbedslaapkamers, twee badkamers, twee galerykamers met twee enkelbeddens elk en ’n stapelbed in die sitkamergedeelte.

’n Goed toegeruste kombuis wat ’n ys-vrieskas, mikrogolf, stoof , opwasgeriewe en die nodige kombuistoerusting bevat asook ’n ruim kuiereenheid en stoep maak die res van die geriewe uit.

Daar is ’n kaggel-braai in die kuiereenheid asook ’n buitebraai.

Kontak Joey Keyser 081 378 1283 

Koördinate:
(D.D) -26.322191 30.207167
(DMS) – S 26 19’19.887” & E 30 12’25.8”

Gedenkmuur

Die skaarste aan die beskikbaarheid van grond vir nuwe begraafplase, vandalisme, gebrek aan onderhoud en die onveilige toestande wat daar heers vir besoekers aan ‘n begraafplaas, het die soeke na alternatiewe plekke laat ontstaan waar die stoflike oorskot van geliefdes in ‘n aanvaarbare omgewing nagelaat kan word.

Die mees aanvaarbare alternatief wat die afgelope paar jaar inslag gevind het, is dat gemeentes gedenkmure by hul kerkgeboue oprig. Die gebruik is dan dat die stoflike oorskot van ‘n afgestorwene veras word en die veraste oorskot in ‘n kissie in ‘n nis in die gedenkmuur geplaas word. Die nis word verseël met ‘n granietteël met die verlangde gravering daarop aangebring.
Hier by ons, op die parkeerarea aan die westekant van die kerkgebou, het ons so ‘n muur opgerig en is nou, in augustus 2009,voltooi . Tans beskik ons oor 215 nisse. Voorsiening is gemaak vir uitbreiding indien dit in die toekoms nodig sou wees. Die kerkraad aanvaar verantwoordelikheid vir die onderhoud van die gedenkmuur altyd ‘n aangename en vriendelike atmosfeer kan uitstraal.

Belangrike inligting
Die huidige koste vir ‘n nis is R1500.00. Dit sluit die granietteël wat die nis verseel in, maar nie die koste vir die inskripsie op die teël nie. Dit is betaalbaar deur die Bewaargewer.

Die afmetings van elke nis is:
Breedte: 230mm, Hoogte: 165mm, Diepte: 230mm

Waar is ons?

NG Kerk Debruinpark, Theunissenstraat 32, Ermelo
Kantoor Ure: Maandag: 08:00 tot 13:00
Woensdag: 08:00 tot 13:00
Vrydag: 08:00 tot 11:00

Kontak Ons

KERKKANTOOR
081 420 3910 / ngkdebruin@gmail.com

LERAARS
DS. DF EHLERS : difehlers@gmail.com

Sondag: Tye en Aktiwiteite

09:00 Erediens
10:15 – 11:15 #Kruisfiks Jeug
Soos ooreengekom - #Kruisfiks Belydenisklas

Let wel dat daar geen Kruisfiks gedurende die Skoolvakansie of Langnaweke is nie.

Diff

Ds. Dif Ehlers

Youtube%20ChannelX%20WebLogo%20Website%20By